Tuesday, February 26, 2019

Klipkraal Hike near Heidelberg

Dis was met groot verwagting dat Judith, George,Petro,Thys, Eloff,Johan,Andries, Annatjie, Paul, Henelle, Sanette, Yvonne en Phlip opgedaag by die Opstal vir ons Klipkraal stap naby Heidelberg..Almal was aangenaam verras met die akkomodasie, twee uitstekende huisies en die groot huis met genoeg fasiliteite en geriewe wat nogal baie luuks is vir stapakkomodasie.Almal het n plekkie gekry en daar is lekker gekuier. N groot storm Vrydagaand gehad maar ons het darem die vuurtjie aan die gang gekry en almal het hulself trommeldik geeet en geniet.Ons is vermaak met n elektriese storm wat die naghemel laat blink het.Man dit was iets besonders.

Sateroggend het ons vertrek op die Panaroma roete na n stywe ontbyt en dit was n heel gerieflikse stap met sy klein koppies en lang kieliegras.Heelwat diere ook gesien op n afstand so tussen al die kragdrade en mielielande en natuurlik die ou grote in die verte, die Vaaldam. Heel aangename stap met die blouhemel en die wye kyk oor die wereld.En natuurlik vir n vinnige swem in die plaasdam en die sementdammetjie Mooi groen en verfrissend.

Ons was almal veilig terug by die kamp heel vroeg en daar is verder gekuier en gesels dat die bessies bewe. Mooi vuurtjie aand die gang gekry die aand en daar is weer gesmul aan die lekkernye.Ons is vermaak met n fantastiese wolkformasie en sonsondergang wat baie aanskoulik was. En die kreun van die windpomp in ons ore.

Sondagoggend het ons bietjie vroeer vertrek op die Klipkraal staproete en dit was aangenaam warm maar weer heelwat diere gesien en sommiges het selfs n swem in die klipdam geniet  en almal heel stapfiks en vol nuwe energie by die kamp op gedaag.. Na n vinnige laaste kuier het die mense vetrek met die reuk van plaas oppad terug  na hul bestemming toe.

Die roete is veral besonders om te ervaar n bietjie van die plaaslewe, reuk van plaas, wakker te word met die hoenders se gekekkel, en al die windpompe en  die skemer tussen dag en aand wat so mooi te sien was op die plaas.Lekker rustige stap wat n mens rustig kan stap en kan waarneem en net kan geniet.

No comments:

Post a Comment